# Navorsers van die Sol Plaatje-universiteit stel ‘n maatskaplike toelaag van vier-duisend-rand voor as verligting van die uiterste armoede in Suid-Afrika. Die toekenning, wat 25-miljoen-mense teiken, sal jaarliks ongeveer 115-miljard-rand kos. Die navorsing dui verder aan om die toelae aan werk of deelname aan openbare programme te koppel, kan die bruto binnelandse produk met 0,5-persent verhoog en die druk van inflasie effens verminder. Die voorstel, wat ontwerp is met ‘n begrotings-neutrale befondsingsmodel, het ten doel om uiterste armoede uit te roei en ekonomiese deelname aan te moedig onder die land se armste burgers.
Navorsers stel maatskaplike toelae van R4000 voor om armoede te bekamp