# Die Nasionale Seereddingsinstituut is ingeroep om die George-munisipaliteit by te staan om mense wat te midde van wydverspreide vloede vasgekeer is te red. Meer as 100-millimeter reën is sedert gisteraand gemeet en die stad doen ‘n beroep op inwoners om paaie te vermy. Daar word steeds verskeie verslae van stormskade aangemeld. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die ongunstige weerstoestande kan vir ‘n paar dae voortduur. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die Suid-Kaapse tak staan die nooddienste by:
Speel klankgreep: ENG CraigLambinonOnFloods