# Namibië se ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste het 18 sterftes en 396 nuwe positiewe gevalle weens Covid-19 in die land bekendgemaak. Die ministerie sê die sterftes het tussen 28 Desember en die derde van dié maand voorgekom. Twee van die sterftes het hul volle inentings ontvang. Die meeste gevalle, 77, is in Windhoek aangemeld, gevolg deur die Ohangwena-streek met 40 gevalle.