# Die Nasionale Petroleum-maatskappy van Namibië en sy vennote, Shell Namibia Upstream en Qatar Energy, het aangekondig ‘n aansienlike hoeveelheid ligte olie is in beide die eerste en tweede toetsgate by die Graff-1 boorgat gevind. ‘n Woordvoerder van die maatskappy sê die ontdekking, tesame met die land se gunstige heersende omgewing, kan nuwe beleggings laat invloei. Die maatskappy glo ook dit maak van Namibië ‘n hoogs mededingende en toenemend winsgewende bestemming.