Skip to content

Namibië en Botswana kondig planne aan om buitelandse selfoon-heffings volgende jaar te sny [KLANK]

# Namibië en Botswana het ‘n mylpaal-ooreenkoms aangekondig om buitelandse selfoon-heffings tussen die twee lande teen April volgende jaar uit te skakel. Die gesamentlike aankondiging is gedoen op ‘n nuuskonferensie deur Botswana se minister van Kommunikasie, Kennis en Tegnologie, Thulagano Segokgo, en Namibië se minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, Peya Mushelenga. Die woordvoerder van Namibië se ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie, Shoki Kandjimi, het bevestig dit sal bilaterale bande versterk en sê regulerende instellings sal ook operateurs opdrag gee om hierdie strategiese besluit in te stel: