# Die N1 tussen die Nylplaza-tolhek en Polokwane is gesluit weens ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n ander voertuig. Motoriste wat na Limpopo reis moet by die plaza die R-101 neem. Dié wat in ‘n suidelike rigting beweeg moet die R-101 van Polokwane af volg en by die Nylplaza by die N1 aansluit.