Skip to content

’n Skildery van ’n hond word die eerste keer in 50 jaar opgeveil

# ʼn Kunswerk uit die 18de eeu van ʼn Spaanse jaghond word volgende week vir die eerste keer in 50 jaar opgeveil. The Spanish Pointer deur die Britse kunstenaar, George Stubbs, is nog net een keer aan die publiek vertoon toe dit in 1948 by die Londense National Gallery for Sport and Pastimes uitgestal is. Die afslaer Sotheby’s sê die kunswerk vertoon Stubbs se veelsydigheid en ingebore begrip van alle dier-spesies se anatomie. Die skildery sal na verwagting teen sowat 400-miljoen-rand verkoop word.