# ‘n Nie-winsgewende organisasie, Thusang-wana-geno, in Pretoria, gee terug aan die gemeenskap deur ouers en studente te help om boeke vir graad 1-leerlinge by die Mmabana Primêre Skool in Soshanguve aan te koop. Die NGO-stigter, John Molepo, sê die organisasie beplan verder om ‘n mini-biblioteek aan die skool te skenk. Die skoolhoof, Mpho Molapo, vra ander lede van die gemeenskap om hande te vat met die organisasie en mee te help om die lewens van ander kinders te verryk.