Skip to content

Gestremde vrou van Alexandra inspireer ander

# Nkateko Emily Mabasa het die byna onmoontlike oorkom en baie mense in die Alexandra-township in Gauteng se bron van inspirasie geword. Die 33-jarige Mabasa wat serebraal gestrem is, het ʼn BA-graad in Mode-ontwerp behaal. Sy het ook die organisasie Phoenix Alexandra gestig wat ʼn reeks aktiwiteite vir kinders en jong volwassenes bied. Dit sluit danse, sang, toneel, spelkompetisies, lees, gedigte en skaakklubs in. Mabasa sê in weerwil van die uitdagings wat haar as gestremde daagliks in die gesig staar, wil sy ʼn betekenisvolle verskil in ander se lewens maak.