# President Joe Biden het Reuben Brigety amptelik benoem as die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika. Brigety was voorheen die VSA se ambassadeur by die Afrika Unie. Hy is tans die vise-kansellier van die Universiteit van die Suide in Tennessee. Verder het hy gedien as die Amerikaanse assistent adjunk-minister van Afrika-sake. Hy het ‘n meestersgraad in Filosofie en Internasionale Betrekkinge. Brigety het sy doktorsgraad in Internasionale Betrekkinge aan Cambridge in Brittanje verwerf.