# Daar is die afgelope 24-uur drie-duisend-628 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld. Die meeste hiervan, naamlik 34-persent, was in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap met 15-persent en KwaZulu-Natal met 14-persent. Nog 128 mense is in die hospitaal opgeneem terwyl 22 mense aan Covid-19-verwante oorsake dood is. Dit bring die opgeloopte sterftesyfer op 96-duisend-502 te staan. Die land se herstelkoers bly bestendig op ongeveer 96-persent.