# ‘n Britse skool het J.K. Rowling se naam van een van sy huise verwyder, weens die outeur van die Harry Potter-boeke se omstrede siening oor transgender-kwessies. AFP berig die Boswells-skool in Chelmsford, in die ooste van Engeland, sê die naam van sy rooi huis is van Rowling na Holmes verander, ter ere van die Olimpiese goue medalje-wenner, Dame Kelly Holmes. Rowling is betrokke by ‘n onenigheid met die transgender-gemeenskap, omdat sy glo vroue se geslagsgebaseerde regte behoort beskerm te word.