Skip to content

Musieksterre soos Cher en Mary J Blige word vereer in die Rock and Roll-heldesaal

# Die Rock and Roll-heldesaal het die name bekend gemaak van 16 sterre in die musiekbedryf wat vanjaar vereer sal word. Cher, Dionne Warwick, Ozzy Osbourne en Mary J Blige is onder hulle. Osbourne word vanjaar ‘n tweede keer ingesluit; sy groep Black Sabbath is in 2006 vereer. Motown word ook gevier met die inlywing van die liedjieskrywer en vervaardiger, Norman Whitfield, wie se lys van treffers Papa Was a Rollin’ Stone en I Heard It Through the Grapevine insluit.