# Die onbesliste Modimolle-Mookgophong-raad in Limpopo kon nie ‘n nuwe burgemeester aanwys nie. Dit kom nadat stemming vir ‘n speaker gelykop geëindig het met 14 stemme elk. Die waarnemende munisipale bestuurder, Melusi Mhlanga, het die raadsvergadering na vanmiddag herskeduleer. Die ANC het 14 setels in die raad, en die DA, EFF en Vryheidsfront Plus saam dieselfde hoeveelheid. Die DA-raadslid Desiree van der Walt sê dié party en die VF Plus oorweeg nie ‘n koalisie met die ANC nie.