# MTN is volgens ‘n onlangse verslag die voorloper mobiele netwerk in Suid-Afrika met ‘n gemiddelde aflaaispoed van 83,08 Megabit per sekonde, voor Vodacom op 79,7, Cell C op 54,5 Megabit per sekonde en Telkom ver agter met 32,29. Rain het die swakste gevaar met 21,31 Megabit per sekonde, onderkant die nasionale gemiddelde. Die opname is saamgestel uit meer as 288-duisend spoedtoetse en toon duidelik MTN se oorheersing in groot stede soos eThekwini en Johannesburg. Telkom is die voorloper met 5G-spoed met netwerke wat uitbrei.
MTN loop voor met SA se mobiele netwerkgehalte terwyl Rain ondergemiddeld vertoon