# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die uitkoms van die kwartaallikse arbeidsmagopname vir die derde kwartaal van 2023, soos vrygestel deur Statistiek Suid-Afrika, verwelkom. Die premier se woordvoerder, George Mthethwa, sê ten spyte van die swak ekonomiese klimaat wêreldwyd sowel as nasionaal, toon die uitslag Mpumalanga het daarin geslaag om indiensneming te verhoog met 44-duisend mense kwartaal-tot-kwartaal, terwyl die aantal werklose mense gedurende dieselfde tydperk met 62-duisend afgeneem het:
Mpumalanga se premier verwelkom uitkoms van die kwartaallikse arbeidsmagopname [KLANK]