# Die 23-jarige Lebogang Choma is gister in die Landdroshof in Belfast tot tien jaar vir moord gevonnis. ‘n Woordvoerder van die polisie, Selvy Mohlala, sê hy is in Junie 2019 aan verskeie misdade skuldig bevind. Die hof het aangehoor hoe hy die 22-jarige Nkopodi Makgokga in Februarie 2017 doodgesteek het nadat hulle oor ‘n vrou baklei het.