# Motorsport: Die Stad Kaapstad sê hy gaan saam met rolspelers in die bedryf werk om baie byeenkomste te hou. Die stad verhoog sy finansiële steun aan byeenkomste soos Robot Racing, Streetmania en die Kaapstadse Motorsportfees. Die eerste groot byeenkoms was die afgelope naweek met van die land se top- versnelwedrenjaers en motorfietsjaers wat in die vermaaklike Bragging Rights te sien was. Dit was ‘n skouspel vir alle spoedvrate wat van groot enjins hou.