Skip to content

Motorsport: Verstappen kla sy renmotor bokspring soos ‘n kangaroo

# Motorsport: Die driemalige wêreldkampioen, Max Verstappen, het sy Red Bull-renmotor met ‘n “knortjor sonder ‘n veerstelsel” beskryf na hy vir die sesde plek gekwalifiseer het vir vandag se Monaco Grand Prix. Hy kla sy renmotor “het soos ‘n kangaroo gebokspring en hom ‘n hoofpyn gegee”. Dit is die eerste keer die seisoen dat hy nie die voorste plek inneem nie. In ‘n kwaai mededingende sessie het die plaaslike held van Monaco, Charles Leclerc van Ferrari, die voorste wegspringplek ingepalm, voor Oscar Piastri van McClaren en Carlos Sainz in die tweede Ferrari.