# Motorsport: Drie spanne wat net uit Suid-Afrikaners bestaan sal deelneem aan die 2022-Dakar-tydren. Hulle vorm die Toyota Gazoo-renspan met vier motors. Die leier van die span, Glenn Hall, sê die Suid-Afrikaanse span bestaan uit Giniel de Villiers en sy mede-bestuurder Dennis Murphy, die Suid-Afrikaanse Veldren-kampioene Henk Lategan en medebestuurder Brett Cummings, en Shameer Variawa en sy spanmaat Danie Stassen. Dakar 2022 begin volgens beplanning op 1 Januarie met ‘n wedren van die Saoedi-Arabiese hawestad Jeddah na die stad Ha’il in die noordweste van die land.