Skip to content

Motorsport: Sergio Perez met wegspringplekke gestraf vir die Spaanse Grand Prix

# Motorsport: Sergio Perez van Red Bull is met drie wegspringplekke gestraf vir volgende naweek se Spaanse Grand Prix. Die Meksikaan het in die 53ste rondte in die Kanadese Grand Prix van baan getol en die agterste vlerk van sy renmotor beskadig. Hy het daarna na die kuipe gery waar sy motor onttrek is. Die baanregters het beslis dat die span beboet word en Perez is ook gestraf vir onsportiewe gedrag en vir die veiligheidsimplikasies van die voorval.