# Motorsport: Die voorste Suid-Afrikaanse vroue-veldfietsryer, Kirsten Landman, sê sy is teleurgesteld dat sy die 2022 Dakar-tydren moet misloop. Sy het positief getoets vir Covid-19. Die beroemde veldry-byeenkoms wat vir die 44ste keer gehou word, word deur Saoedi-Arabië aangebied en begin Saterdag. Landman het vanjaar se Dakar ook misgeloop weens al die onsekerheid oor die pandemie. Sy wens almal wat gaan deelneem alles van die beste toe.