# Motorsport: Die Mercedes Formule Een-span vra om die verslag van die omstrede botsing van Max Verstappen en Lewis Hamilton in die 48ste ronde van die Grand Prix in Sao Paulo, weer onder oë te neem. Dit volg nadat beamptes nie die Red Bull-bestuurder gestraf het toe hy Hamilton gedwing het om uit te swaai nie. Mercedes sê die versoek kom te midde van nuwe inligting wat nie beskikbaar was toe die beamptes hul besluit geneem het nie. As die reg op hersiening aanvaar word, kan Verstappen ‘n straf van vyf sekondes opgelê word wat by sy rentyd gevoeg kan word, of wegspringplekke by die volgende wedren verloor.