# Motorsport: Formule Een amptenare het ‘n versoek deur Mercedes van die hand gewys om die besluit te hersien dat die Red Bull renjaer Max Verstappen nie gestraf moet word nie, vir ‘n voorval waarby hy en Lewis Hamilton tydens die Sao Paulo Grand Prix betrokke was. Verstappen loop tans voor in die stryd om die Formule Een renjaerstitel vir die jaar. In ‘n verklaring voor die Katar Grand Prix hierdie naweek, sê die baanbeamptes hoewel Mercedes nuwe en tersaaklike video-materiaal voorgelê het, maak dit nie ‘n verskil nie, aangesien dit bloot die insident vanuit ‘n ander kamerahoek wys. Die sewemalige wêreldkampioen Hamilton het verlede Saterdag die wedren in Brasilië gewen en daarmee Verstappen se voorsprong op die punteleer tot 14 verminder. Daar is nog drie wedrenne vir die seisoen oor.