# Motorsport: Die Mercedes-baas Toto Wolff sê hulle het ‘n beter begrip van die foute wat gelei het tot hul swak vertoning by die Brasiliaanse Grand Prix. Lewis Hamilton het sewende geëindig en George Russell moes hom aan die wedren onttrek weens oorverhitting van sy motor. Wolff sê hulle is hard aan die werk om die foute te identifiseer wat hulle met die voorbereiding in Sao Paulo gemaak het, ná belowende vertonings in die VSA en Mexiko. Hy sê, hulle sal dié naweek in Las Vegas beter moet vaar, want hulle wil die tweede posisie in die Vervaardigers-kampioenskap verseker.
Motorsport: Mercedes-baas verstaan redes vir swak prestasie in Brasilië