Skip to content

Motorsport: McLaren se Norris glo die eerste Las Vegas GP sal geleenthede vir almal bied

# Motorsport: Lando Norris van McLaren glo die eerste Las Vegas Grand Prix-naweek bied geleenthede vir almal. Dit volg terwyl Formule Een die eerste keer op die nuwe straatbaan in koue aandtemperature afgehandel gaan word. F1-jaers sal die baan van 6,1-kilometer aandurf, wat ‘n snelgedeelte in die wêreldbekende Vegas Strip het. Norris sê die uitdagings van die baan en die temperatuur in die lae 10 tot 20-grade, moet nie onderskat word nie. Die Las Vegas Grand Prix is laas in 1982 aangebied.