Skip to content

Motorsport: Max Verstappen wen Las Vegas Grand Prix na mees epiese wedren van die seisoen

# Motorsport: Die wêreldkampioen Max Verstappen het vanoggend die 18de oorwinning van die seisoen, waarin hy verskeie rekords verbeter het, ingepalm, met ‘n opwindende triomf in die Las Vegas Grand Prix. Charles Leclerc van Ferrari het Sergio Perez van Red Bull in die laaste ronde verbygesteek en die tweede plek voor die Meksikaan weggeraap. Die Mercedes-span, Lewis Hamilton en George Russel was onderskeidelik sewende en agste.