# Motorsport: Lewis Hamilton sal vanaand eerste wegspring in die eerste Qatar Grand Prix. Hy en sy span het Vrydag deurnag gewerk om seker te maak hy bereik sy droom van ‘n agtste Formule 1-wêreldtitel. Die heersende kampioen is tans 14 punte agter Max Verstappen, wat voorloop in die stryd om die 2021 kampioenskaptitel. Die Nederlander het tweede gekwalifiseer en is langs Hamilton op die voorste ry. Hamilton het verlede naweek in Brasilië gewen en met net drie wedrenne oor in vanjaar se seisoen, sal die stryd met Verstappen beslis verskerp.