# Motorsport: Die Suid-Afrikaanse Dakar-deelnemer, Henk Lategan en sy navigator Brett Cummings, het vroeër vandag die vyfde skof van die tydren gewen. Giniel de Villiers en sy navigator Dennis Murphy het sewende geëindig. Hulle is met 5 ure gestraf vir ‘n tweede voorval met ‘n motorfietsjaer toe hulle met hul Toyota Hilux oor die motorfiets van ‘n KTM-deelnemer gery het in die tweede skof. De Villiers is nou in die algehele 35ste plek en Lategan is 39ste.