# Motorsport: Ferrari se voormalige tegniese direkteur, Enrico Cardile, mag eers in Julie vir Aston Martin begin werk. Dit volg nadat die Italiaanse span ‘n plaaslike hofsaak gewen het. Cardile het Ferrari in Julie verlede jaar verlaat en die twee spanne was sedertdien haaks oor sy begindatum by Aston Martin. Ferrari sê hy het reeds sy nie-mededingingsooreenkoms verbreek. Hy sê die doel van die betrokke bepaling in Cardile se kontrak was om te voorkom dat ander Formule Een-spanne ‘n onregverdige mededingende voordeel verkry.
Motorsport: Ferrari verhoed dat voormalige direkteur voor Julie by Aston Martin aansluit