# Motorsport: Die verdedigende kampioen, Francesco Bagnaia, het ʼn derde agtereenvolgende Oostenrykse Grand Prix gewen en loop weer voor op die MotoGP-punteleer. Die Italianer het Saterdag die snelwedren gewen en gister in die hoofresies koning gekraai om met vyf punte voor te loop in die kampioenskap. Die Spanjaard Jorge Martín, wat die naweek boaan die punteleer afgeskop het, was tweede en die Italianer Enea Bastianini derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was vyfde. Bagnaia sê hy het alles goed gedoen:
Motorsport: Bagnaia wen Oostenrykse MotoGP en is weer voorloper in kampioenskap [KLANK]
ENG BagnaiaOnPace