Skip to content

Motoriste in Nelson Mandelabaai verwelkom verligting in petrolprys

# Motoriste in Nelson Mandelabaai sal vanaf vandag ‘n mate van verligting geniet weens ‘n daling in die petrolprys van 80- tot 84-sent per liter. Dit volg ná die voltooiing van herstelwerk aan die brandstof-toegangspoort by Port Elizabeth-hawe, wat vir maande hoë pryse veroorsaak het weens bykomende vervoerkoste. Die hersonering van die metro as binneland, het ekonomiese verliese van 50-miljoen-rand per maand veroorsaak. Ondernemings het die langverwagte verligting verwelkom.