# Die N3-tolkonsessie moedig motoriste aan om versigtig te ry op die N3-tolroete in Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal, aangesien die swaar reën voortduur. ‘n Opeenhoping van verskeie voertuie naby Van Reenen is intussen opgeruim. Thania Dhoogra van die konsessie sê meer as 80-persent van alle ongelukke op die roete is weens menslike foute. Dit sluit in bestuurders se nalatigheid, aandag wat afgelei word, spoedoortredings, roekeloosheid, moegheid en ‘n aggressiewe bestuurstyl.
Motoriste aangemoedig om versigtig te ry op die N3-tolroete