# Die Franse president Emmanuel Macron sê hy het president Vladimir Putin van Rusland oortuig om nie in die Oekraïne te eskaleer nie. Hy het dié stelling gemaak tydens samesprekings wat hy gister in Kiev met die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelenskiy, gevoer het. Moskou het ontken dit egter en sê Putin het nie ‘n ooreenkoms om te de-eskaleer met Macron aangegaan nie. Rusland het meer as 100-duisend troepe naby die grense van die Oekraïne saamgetrek. Moskou het bevestig Russiese troepe sal Belarus verlaat aan die einde van oefeninge wat later hierdie maand naby Oekraïne se noordelike grense plaasvind, en beweer dit was nog altyd die plan.