# Die Mopani-distriksmunisipaliteit in Limpopo het met regsoptrede begin om geld terug te kry wat tydens opknapwerk by die Giyani-watersuiweringsaanleg gesteel is. ʼn Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind staatsamptenare het onregmatig tenders toegeken sonder om die regte prosesse te volg. Die eenheid onthul hoe die oorspronklike begroting vir die projek van 90-miljoen-rand tot 2,2-miljard-rand en later tot 4,4-miljard-rand opgeskiet het. Mopani se burgemeester, Pule Shayi, sê hulle saak om die geld terug te kry, is geregverdig.
Mopani-munisipaliteit in hof om geld terug te kry wat by Giyani-waterprojek gesteel is