# Die saak teen die moordbeskuldigde Grayson Beare is in die Landdroshof in Durban uitgestel tot die 24ste van die maand. Hy word aangekla van moord op ‘n ma van drie, Halima Hoosen-Preston, weens haar steun vir Palestina. Beare het haar na bewering 15 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek. Hy word ook van poging tot moord aangekla omdat hy na bewering haar man, Shaun, en hulle 14-jarige seun gesteek het. Drie psigiaters en ‘n kliniese gesondheidspesialis sal voor die volgende hofdatum ‘n besluit neem oor Beare se geestestoestand.
Moordbeskuldigde Grayson Beare se saak uitgestel vir verdere sielkundige waarneming