# ‘n Wyksraadslid van eThekwini, Themba Mnguni, en sy medebeskuldigde, Nomthandazo Mbeje, is borgtog toegestaan in die Landdroshof in Ntuzuma, KwaZulu-Natal. Hulle staan tereg op drie aanklagte van moord, vyf van poging tot moord en een van sameswering om openbare geweld te pleeg. Dit hou verband met ‘n verbyry-skietvoorval in September verlede jaar waarin drie ANC-lede doodgeskiet en vyf gewond is voor die plaaslike regeringsverkiesing. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak is tot die 22ste uitgestel:
Speel klankgreep: ENG CouncillorGrantedBail