Skip to content

MK-party se jeugliga veroordeel Khumalo en sê Zuma is die regmatige leier

# Die MK-party se jeugliga sê hy verwerp Jabulani Khumalo se voortgesette stellings dat hy die partyleier is. Khumalo, die stigter en uitgesette leier, hou vol hy gaan die eerste sitting van die Nasionale Vergadering bywoon om as ‘n lid van die Parlement ingesweer te word. Sy naam is nog nie van die party se finale lys aan die Parlement verwyder nie, ondanks ‘n openbare rusie met die party en selfs ‘n hofsaak. Die jeugliga sê hy erken slegs Jacob Zuma as die enigste en regmatige leier van die party.