Skip to content

MK Party-lid en geldskenker sê hy het 400-duisend-rand uitgegee op Mpumalanga-geleentheid

# Die gewese burgemeester van Mkhondo, wat die finansiële krag agter die grootste byeenkoms van die uMkhonto weSizwe Party-ondersteuners was, sê die geleentheid in Mpumalanga het hom sowat 400-duisend-rand gekos. Vusi Motha is ʼn jaar gelede in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Die ANC het hom in 2021 uitgeskop en ná ʼn kort tydjie as EFF-lid, het hy by die MK Party aangesluit. Motha glo MK bied ʼn tuiste vir dié wat verkeerd verstaan word in die ANC. Nog MK-saamtrekke word verwag, en die volgende een is Sondag in KwaZulu-Natal.