Skip to content

MK bepleit konstruktiewe dialoog tussen Mosambiekse regering en opposisie

# Die MK-party vra die regering en die opposisie in Mosambiek vir konstruktiewe en inklusiewe dialoog ten einde griewe aan te spreek en te verseker verkiesingsprosesse voldoen aan die hoogste standaarde van regverdigheid. Woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die MK staan ​​in solidariteit met die mense van Mosambiek, maar eis meer deursigtigheid en demokrasie, en ‘n verbintenis tot vreedsame gesprekke om die huidige situasie op te los. Hy sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap moet ‘n proaktiewe rol speel in die bemiddeling van die krisis en alle belanghebbendes moet Mosambiek se infrastruktuur en hulpbronne beskerm.