# Die Departement van Vervoer gaan appelleer teen die uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof wat die AARTO-wet ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het dié stap aangekondig tydens ‘n inligtingsessie oor statistiek van die feestyd. Hy sê statistiek toon padsterftes het in sewe provinsies toegeneem. Altesaam een-duisend-685 sterftes is die afgelope feestyd aangeteken, wat ‘n toename van 14-persent is vanaf die vorige tydperk. Mbalula sê statistiek sal nou meer gereeld gebruik word om padveiligheid te monitor:
Speel klankgreep: ENG FikileMbalulaONStats