Skip to content

Minister van Vervoer eis dringende veiligheidsinspeksies van vissersvaartuie ná Gansbaai-brand

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, eis dringende veiligheidsinspeksies van alle kommersiële vissersvaartuie in Suid-Afrika ná ‘n brand op die MVF Armana aan Gansbaai se kus. Die 62-jarige vaartuig het aan die brand geslaan en die bemanning is gedwing om die die skip te verlaat. Creecy het kommer uitgespreek oor die toenemende voorvalle waarby vissersvaartuie vanjaar betrokke was, aangesien dit reeds tot 18 sterftes gelei het. Sy het die Suid-Afrikaanse Maritieme Owerheid opdrag gegee om die voorval te ondersoek en ‘n veiligheidsverbeteringsplan vir die vloot te ontwikkel.