Skip to content

Minister van Toerisme besoek Ghana om bilaterale verhoudings te versterk

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, is in Ghana om toerisme- en kulturele bande te versterk. Tydens die drie-daagse besoek sal De Lille Ghana se minister van Toerisme, Abla-Dzifa Gomashie, en sleutelspelers ontmoet om Suid-Afrika as ‘n topbestemming vir ontspanning en besigheidsgeleenthede, insluitend vergaderings, motiveringsbestemming, kongresse en uitstallings te bevorder. Volgens die Ministerie van Toerisme het die 2023 visumvrystelling reeds die aantal Ghanese toeriste-besoeke met 149-persent laat styg. De Lille het beklemtoon die besoek versterk Afrika-vennootskappe en bevorder ekonomiese groei deur interne Afrika-toerisme.