Skip to content

Minister van Polisie vra vinnige ondersoek na sluipmoordpoging op SAID-advokaat

# Die minister van Polisie Senzo Mchunu veroordeel die sluipmoordpoging op ‘n advokaat van die Inkomstediens, Coreth Naudé. Sy het oorleef nadat koeëls haar in Durban in die bolyf getref het. Naudé het vir die SAID opgetree in ‘n belastingondersoek na ‘n sakevrou van die stad, Shauwn Mkhize. Mchunu het aan News24 gesê dit was ‘n aanslag op die oppergesag van die reg en demokrasie, en beloof vinnige optrede deur die polisie en die Valke in hul ondersoek. Dit was die jongste in ‘n reeks aanvalle gemik op die ondermyning van regsprosesse.