Skip to content

Minister van Polisie veroordeel Cliffdale-moorde

# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, veroordeel die Cliffdale-aanval in KwaZulu-Natal, waar twee beamptes en twee vroue die naweek vermoor is. ʼn Verdagte het op die moordtoneel op beamptes losgebrand en twee is doodgeskiet. Die verdagte het spore gemaak. Die polisie het die oortreder opgespoor en op ‘n gesteelde vuurwapen beslag gele. Mchunu is vol lof vir die vinnige optrede en vra die samewerking van die gemeenskap om geweld te bekamp.