Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Minister van Polisie onthul sluiting van vyf-miljoen dossiere sónder uitslag

# Die minister van Polisie Bheki Cele het kommerwekkende syfers bekendgemaak, en onthul meer as vyf-miljoen dossiere is die afgelope vyf jaar gesluit sónder dat daar uitsluitsel was. Cele skryf dit toe aan ‘n gebrek aan leidrare. Die DA parlementslid Andrew Whitfield kritiseer die onthulling en sê dit lig die mislukking uit van die leierskap van die SAPD. Whitfield sê dit laat slagoffers sónder geregtigheid en striem die polisie as ‘n diens wat nie reageer nie, wat ónderbefonds is en ‘n ernstige gebrek toon aan leierskap en vaardighede.