# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, beoog om ‘n voldoeningsprofiel van landbou-chemiese ondernemings aan te vra, sowel as om die sektor in te sluit by die Nasionale Omgewingsnakomings- en Handhawingsverslag. Dit volg nadat ‘n chemiese pakhuis in eThekwini in Kwazulu-Natal tydens die onluste aan die brand geslaan het. Dit is ‘n voorlopige stap in wat na verwagting maatreëls sal vorm wat gemik is daarop om regulering in die sektor te versterk. Die verslag gee ‘n oorsig van nasionale omgewingsnakomings-bedrywighde en kan as afskrikmiddel dien.