# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, wys op die belangrikheid van inklusiewe data om die behoeftes van Suid-Afrika se uiteenlopende bevolking aan te spreek. Suid-Afrika gedenk vandag Wêreld Bevolkingsdag. Volgens Tolashe sal inklusiewe data verseker hulpbronne word billik versprei en tot regverdige beleid aanleiding gee. Die tema vir Bevolgingsdag is ‘Omarm die krag van inklusiewe data tot ‘n sterker en gelyke toekoms vir almal’. Die minister sê die herdenking beklemtoon die rol van data om ‘n beter toekoms vir almal te skep.
Minister van Maatskaplike Ontwikkeling versoek inklusiewe data vir Wêreld Bevolkingsdag