# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het 23 paroolaansoeke goedgekeur en een saak van dagparool toegestaan. Onder dié wat parool gekry het is drie buitelandse burgers wat lewensvonnisse uitgedien het – twee van Mosambiek en een van Zimbabwe. Hulle sal na hulle onderskeie lande deporteer word. Die departement sê die oorgeërfde paroolagterstand van 495 sake en 104 nuwe sake is afgehandel. Die Parlement het verlede maand gevra vir die opknapping van die land se paroolstelsel, veral mediese parool.
Minister van Korrektiewe Dienste wis parool-agterstand uit