# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, lê sy begroting vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel. Hy sal beplanning en voorkeure uiteen sit om die openbare gesondheidstelsel die volgende vyf jaar te versterk. Die begrotingsdebatte begin vandag en duur tot die 24ste, en sal die Parlement en die publiek op die hoogte bring van die prestasie van departemente en die aanwending van openbare fondse. Die begroting van ander ministeries, insluitende Maatskaplike Ontwikkeling, Polisie en Vervoer, word ook gedurende hierdie tyd hanteer.
Minister van Gesondheid lê 2024/25-begroting ter tafel in Parlement